Eenheid 1Eenheid 2
Slaap 6 Slaap 4
Badkamer met stort (kan klein kind bad) Badkamer met stort (kan klein kind bad)
Braai area in binnehof Braai area in binnehof
2 X Dubbelkamers + 2 Enkelbeddens 1 X Dubbelkamer + 1 kamer met 2 enkelbeddens
in ruim leefarea
Cot vir baba (Slegs in Eenheid 1)
Beide kombuise is volledig ingerig met messegoed en breekgoed, potte en panne, stoof, mikrogolf, ketel, TV met SABC-kanale, en yskas met vriesgedeelte. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien (bring asseblief eie swemhanddoeke). Basiese skoonmaakmiddels soos vadoeke, Sunlight Liquid en Handy Andy word voorsien. Braai areas met rooster, maar bring asseblief eie toeklaprooster.
Ongelukkig het ons geen tuin nie, daarom kan ons nie troeteldiere neem nie. Die gebou bestaan uit drie wooneenhede, waarvan ons self in een woon, en die ander twee uithuur vir vakansie akkommodasie.
Ons is baie sentraal geleë, slegs twee blokke vanaf Kleinmond se hoofstrand. Die winkels, biblioteek, banke en Poskantoor is alles binne stapafstand. Kleinmond se pragtige kus-wandelpad langs die rotsagtige kuslyn, wat deur die inheemse Fynbos kronkel, is slegs 100m ver. Vir die meer avontuurlikes, is daar pragtige staproetes in die berge, waar die ook voorkom. Vanaf Mei tot November kyk ons walvisse reg van die rotse af!
Ons Tariewe:
Eenheid 2 (Slaap 4) - R500 per nag
Eenheid 1 (Slaap 6) - R700 per nag
Om 'n bespreking te bevestig, vra ons 'n deposito van 50% van die totale bedrag. Let asseblief daarop dat ons nie ingerig is om meer as 'n maksimum van 4 persone in eenheid 2, en 'n maksimum van 6 persone in eenheid 1 te akkommodeer nie, kinders ingesluit.
(Hierdie tariewe is slegs riglyne)
Lees asseblief ons Gebruiksvoorwaardes voordat jy voortgaan met 'n bespreking.
(Kleinmond Selfsorg Akkommodasie was voorheen bekend as 50/50 Selfsorg Akkommodasie)